Date: 14/09/2010
Source: The Democratic Alliance
Title: DA: Van Den Berg: Extract of speech by DA Member of Parliament, on communications, National Assembly, Cape Town
The South-African Postbank Bill proposes to establish a company, owned by government, that will ultimately operate as a regular bank. The Bill proposes a structure similar to that of state owned, "corporatized" enterprises. Although government-owned, a board will preside over the bank and therefore enjoy all the perks of a private entity.
In die struktuur van ‘n privaat maatskappy is dit normale praktyk. Die raad van die maatskappy het ‘n toesighoudende funksie oor die besluite wat die uitvoerende bestuur van dag tot dag maak. Die raad staan by woorde van spreke, pa of ma vir die besluite van die uitvoerende bestuur en is verantwoordbaar teenoor die aandeelhouers. Die aandeelhouers van die privaatonderneming wen indien alles klopdisselboom loop met die maatskappy. Indien sake skeef loop verloor hulle dalk al hul beleggings.
The South African Government will be the sole shareholder of this state entity. As it will be underwritten by government, the success and weaknesses of the bank will also be that of the government. Financial success means profit in the state coffers but alarmingly, the government will also bear the burden of its failure.
South Africa's banking sector is robust and amongst the best in the world - as evident during the world financial crisis. There are other solutions to the problem Mr. Speaker. Why not look at incentives for the formal banking sector? To ensure that it offers banking services to the income groups to be targeted by the Postbank? Mzanzi accounts are an excellent example.
Alhoewel die DA krities staan teenoor die Postbank wysigingswetsontwerp, stel ek dit namens die DA baie duidelik. Die DA is geensins gekant teen die oogmerke van die wysigingswetsontwerp nie. Die arm en dikwels geïsoleerde mense in die landelike gebiede van Suid-Afrika, moet op gelykwaardige wyse as burgers van ons land geëer en gerespekteer word. Hulle moet kan deelneem aan die gestruktureerde bankwese van Suid-Afrika.
Die fundamentele vraag bly steeds. Gegewe die behoeftes van die arm, landelike mense......is dit die rol van die staat om hierdie behoefte te vervul?
Dit is asof die ANC in die regering senuagtig rondskarrel om oplossings te vind vir die vele sosio-maatskaplike en ekonomiese probleme in ons jong "hard geveg voor" demokrasie.
Daar moet kollektief na oplossings gesoek word om die arm mense in ons land te help. Ek wil die regering verseker dat die DA onverpoosd werk en na oplossings soek. Gelukkig kan die DA vermeld dat die mense lanklaas in hulle lewe so ‘n goeie regering gehad het in die Wes-Kaap soos nou. Dit onder die leierskap van Helen Zille. Die DA in die Wes Kaap is ‘n uitstekende voorbeeld hoe om ‘n oplossing vir ‘n probleem te vind.
Die Postbank wysigingswetsonwerp probeer iets oplos, sonder dat die regering weet wat die onderliggende oorsaak is.
Die totaal verkeerde medisyne vir ‘n lank reeds bestaande siekte. By wyse van spreke.
Die ANC en al sy alliansie vennote moet besef die rol van die regering moet kleiner word en nie groter nie. Al wat die ANC nou doen is om die druk op die uitgawe kant van die staat nog groter te maak.
Meer personeel, meer salarisse, groter uitgawes....meer belasting uiteindelik.
Kom ons wees eerlik. Staatsentiteite vaar nie goed nie....power om die minste te sê.
Veral nie die staatsentiteite wat aan die Minister van Kommunikasie verslag doen nie.
To name a few. SABC, Icasa and Sentech.
The state entities in the Communication Portfolio have no respect for the Public Finance Management Act. According to this track record, there can be no assurance that the Postbank will respect the PMFA.
The DA's view is that a government owned and controlled bank of this nature is not required and is open to mismanagement and the misappropriation of funds. In this event, tax payers will be required to serve as the lenders of the last resort and fund another failed and unprofitable state owned enterprise.
The DA votes against this bill.
EMAIL THIS ARTICLE SAVE THIS ARTICLE FEEDBACK
To subscribe email subscriptions@creamermedia.co.za or click here
To advertise email advertising@creamermedia.co.za or click here







