Issued by: African National Congress
Deur Carl Niehaus, LP Voorsitter van die Portefeulje Kommittee vir Korrektiewe Dienste
19 Junie 1996
Geagte Speaker Agbare Lede
Hierdie debat het alles te doen met die politieke dilemma waarin Generaal Viljoen en die Vryheidsfront hulle binne die regse en ver regse kringe bevind en baie min met die regs-tegniese aspekte van die saak van Mnr. Willem Ratte.
Dit is duidelik uit die verklarings wat Mnr. Ratte self gemaak het, dat daar ver-regse groepe is wat die Vryheidsfront bekou as volks-verraaiers. Uiteraard plaas sulke aanvalle uit eie geledere, veral omdat dit elemente uit die vorige Suid-Afrikaanse Weermag insluit, die Vryheidsfront in 'n netelige posisie. Die Vryheidsfront probeer om hul ondersteuningsbasis - al is dit dan ook maar langtand - te behou deur gesien te word dat hul toegewings van die regering probeer kry vir sekere van Mnr. Ratte se eise.
Die Vryheidsfront het egter weinig indien enige beheer oor Mnr. Ratte en Generaal Viljoen kan geen waarborg gee dat indien die Regering sou instem tot enige van die voorwaardes van die Ratte-groep, Mnr. Ratte sy totaal onaanvaarbare gedrag sal laat vaar nie.
Geagte Speaker, onderwyl die ANC begrip het vir die dilemma van die Vryheidsfront, kan daar nie aan die eise wat gestel word voldoen word nie.
Suid-Afrika is nou 'n demokratiese regstaat. Ons Grondwet waarbrog die beheer en onafhanklikheid van die Regsbank. Geen persoon is verhewe bo die wet nie.
Mnr. Ratte het nog glad nie al die moontlikhede wat die regstelsel aan hom bied ten volle benut nie. Sy regsverteenwoordiger het op die 22ste Mei teen sy vonnis geappeleer, en die saak is hangende. Alhoewel hy die reg het om aansoek te doen vir borgtog weier hy botweg om dit te doen. Onder hierdie omstandighede sou dit absoluut onaanvaarbaar wees indien President Mandela of enige persoon in die Uitvoerende Gesag inmeng met die regsproses. Die Grondwet verhoed hulle om dit te doen.
Mnr. Ratte het met absolute minagting teenoor die Regsbank opgetree. In 'n verklaring voor die hof het hy onder andere gese dat hy die Regering verwerp en sal teenstaan OP ELKE MOONLIKE MANIER. Diegene wat saam met hom Fort Schanskop beset het, was gewapend en hyself het militere uitrusting saamgeneem. Onder andere het Mnr. Ratte ook 650 gram plastiese springstof en 500 gram bladspringstof in Fort Schanskop opgegaar. Beswaarlik die soort goedere wat iemand met 'n passifistiese oogmerke sou nodig he.
Uit Mnr. Ratte en sy ondersteuners se verklarings kan daar geen twyfel wees dat hy bereid was om geweldadig op te tree en dat dit 'n wanvoorstelling is om hom as 'n nie-geweldadige persoon wat glo aan lydelike verset, voor te hou. Nadat hy skuldig bevind is het Mnr. Ratte die regsbank se gesag op flagrante wyse uitgedaag en op Landros De Wit geskel.
Mnr. Ratte se hongerstaking word op elke moonlike wyse uitgerek en gemanipuleer. Hy weier om deur 'n Distriksgeneesheer of 'n onafhanklike dokter ondersoek te word en is slegs bereid om deur 'n dokter van sy eie keuse, 'n sekere Dr. Barnard, behandel te word. Die mediese inligting wat dus beskikbaar is, is twyfelagtig. Maar selfs die inligting laat nie die indruk van 'n persoon wat glo reeds 45 dae op eetstaking is nie. Volgens betroubare mediese bronne is die kanse baie groot dat 'n ware hongerstaker na 42 dae in 'n koma sal gaan, maar Mnr. Ratte loop nog rond en is helder genoeg om briewe te skryf waarin hy sy ondersteuners aanmoedig tot landwye verset. Na 41 dae van sy sogenaamde hongerstaking het hy slegs 10 kilogram verloor en sy bloeddruk was iewat minder gunstig, maar interressant genoeg was sy polsslag stadiger as op die tiende dag van die hongerstaking. Indien hy werklik op 'n volle hongerstaking is, sou sy polsslag moes toeneem na gelang hy swakker word. Mnr. Ratte drink glo tesame met water ook vitamienes en elektroliedes. Daar word ook beweer dat hy glukose inneem. Indien dit die geval is kan hy die hongerstaking vir 'n bykans onbeperkte tydperk uitrek. Dit begin al hoe meer lyk asof 'n mens maar weer hier te doen het met die soort van psuedo hongerstakings waarmee ander regses in die verlede besig was.
Selfs al sou Mnr. Ratte wel of 'n bona fide hongerstaking wees moet 'n mens onthou dat dit deel is van 'n goed uitgewerkte plan om die gesag van ons demokratiese staat uit te daag. Dit is nie eenvoudiglik 'n geval van vreedsame verset nie: Mnr Grobbelaar het openlik verklaar dat verlede week se optog na die Pretoria Sentrale Gevangenis "Die laaste vreedsame optrede sal wees", en verder dat danksy Mnr. Ratte regse splintergroepe saamgesnoer word. Dit is duidelik dat Mnr. Grobbelaar en sy trawante heel goed sou pas indien Mnr Ratte wel sterf. Dit gaan nie oor besorgdheid oor Mnr. Ratte se lewe nie, maar om 'n siniese manipulering van emosies.
Speaker, ek dink nie dit is wat Generaal Viljoen probeer doen nie, maar hy moet baie versigtig wees dat hy nie gebruik word om die ultra regses se mobiliseringsplanne te dien nie. Generaal u weet dat baie van daardie mense geen tyd vir u het nie. Indien hulle die geringste kans kry sal hulle u verwerp. Dit sou tragies wees indien u hulle help om uiteindelik die mag te he om u te vertrap.
President Mandela het in reaksie op Mnr. Ratte se eise daarop gewys dat daar 'n hele aantal persone, met 'n verskeidenheid van politieke oortuigan die ANC - wat in die gevangenof ander toegewings ontvang is, lede wat in Leeukop Gevange- nis en hul vrylating geeis het. Mnr.Kathrada (Parlementere Raadgewer van President Mandela) en ekself het hulle besoek en daarop aangedring dat hulle die honger- staking beeindig en die korrekte regskanale gebruik. Alhoewel dit vir hulle baie moeilik was, het hulle daartoe ingewillig en hulle is vandag nog in die gevangenis. Dit sou tog onregverdig en absoluut onaanvaarbaar wees indien Mnr. Ratte nie presies op dieselfde wyse behandel word nie.
Geagte Speaker, Generaal Viljoen en die Vryheidsfront het be- sluit geneem om die saak waarvoor hulle staan binne ons demokratiese bestel te beding. Daarmee saam kom verantwoordelikhede. Wat die Vryheidsfront nou te doen staan is om onomwonde vir Mnr. Ratte en sy gevolg te se om die hongerstaking te beeindig en die pad van die Wet te loop.
Generaal ek besef dat u onder baie druk is. Wat egter nou nodig is is dat u die leiersmoed om moeilike - maar korrekte besluite te neem - weereens moet toepas.
Ten slotte moet dit baie duidelik gestel word aan Mnr. Grobbe- laar en sy trawante dat onderwyl dit hul demokratiese reg is om op vreedsame wyse binne die raamwerk van die wet te protesteer, enige onwettige optrede of geweldsaksies met die volle wettige mag van die Staat hanteer sal word.
Baie Dankie